Thursday, January 9, 2014

Ek wil 'n Vark Boerdery Begin

Antwoord:

Vraag:
Ek bly in die Wes-Kaap en wil graag 'n eksta inkomste verdien, asook iets doen om my besig te hou. Ek het daaraan gedink om met varke te boer, maar weet nie of dit die regte ding is om te doen nie. Ek wil nie te groot gaan nie en het gedink aan so ses varke. Ek het geen agtergrond oor varkboerdery nie en sal dit waardeer as u my kan inlig waar ek meer te wete kan kom daaroor. Dit moet eintlik net sakgeld-inkomste wees. As u dink dit is nie geskik nie, sal ek bly wees as u 'n ander voorstel het.


Antwoord:
 
Vir u omstandighede is 'n klein varkboerdery defnitief 'n goeie uitweg, maar ek stel voor dat u slaghoenders ook oorweeg (aangesien daar 'n groot mark is vir slaghoenders in die informele nedersettings).

Meer oor die varke. Ek neem aan met "ses varke" dat u speenvarkies wil koop en hul self wil grootmaak. 'n Vark word gespeen op vier weke (sowat 15kg) en u sal hul moet voer vir omtrent drie maande tot op 70kg of 100kg.
U boerdery se winsgewendheid gaan afhang van drie faktore, naamlik waar en teen watter prys u speenvarkies in die hande gaan kry, waar u voer gaan bekom, en die belangrikste, watter produkte u gaan lewer. Die kommersiële voer (indien u dit sou gebruik) bevat 16 tot 18% ru-proteïen. Onthou dat die gehalte van u voer die gehalte van u produk gaan bepaal.
Vir 'n klein boer is dit meer winsgewend om die sogenaamde nismark te betree as om die varke aan die slaghuis te verkoop, maar dit gaan van u verg om u produkte self te bemark. Indien u aan die slaghuis wil verkoop, gaan u voorsiening moet maak vir die vervoer van u varke. Verder sal u moet kyk na waar u hulle wil aanhou.
'n Goeie inisiatief is verskuifbare hokke (wat drie varke vat) wat die probleem van modder en die elemente sal teenwerk. Varke is sensitief vir hoë temperature en u sal hul beskerming teen die elemente moet bied. U boerdery sal meer doeltreffend wees as u byvoorbeeld twee sôe het, wat vir u werpsels varkies gee wat u van geboorte af kan grootmaak tot slaggewig.

No comments:

Post a Comment