Tuesday, May 17, 2016

Speen varkies vir 'n begin

Ek weet nie hoe koud dit in die aande by julle raak nie, maar as jy hitte kan bysit is dit goed. Ons winter hier op die plaas is 4° grade in die aande en ons het nie 'n hitte stelsel nie.

Dit gaan bitter moeilik wees om 'n dragtige sog by 'n boer te koop, maar as jy gelukkig genoeg is dan is jy op die wen pad.

Om speen varkies te koop is altyd beter want dit veminder die periode om 'n inkomste te kry by maande, terwyl jy vir jou eie varke wag om gedek te word en geboorte te gee.

As speen varkies gekoop word moet jy dit behandel asof hulle nog nie medisyne gekry het nie. 90% van verkopers belowe jou hart en siel die varkies is ontwurm en alles is reg. 

So jy gee die varkies dadelik Dectomax of medisyne van keuse. Hou hulle oortjies en stertjies dop. As die ore hang en die stertjies se krul is uit dan is die kanse goed jou varke is ongesond.

Moenie siek varke koop nie, dit neem maande om weer op vorm te kom. Speen varkies se heupe moet mooi rond wees en hulle moet glad nie harerig wees nie. Jy gaan 100% jou geld verloor in die voer/groei proses.

Meeste probleme met varke is wurms en skurfmeit. Vir wurms (trane in die oe, hang stertjie en hang ore) kan jy die varke ontwurm 2 keer vir 'n maand. Vir skurfmeit (skurfte-miet) kan jy 'n kan ou olie op die varkies se rug gooi.

Die fotos wys die verskil van ' goeie speen vark en 'n siek speen vark.

6 comments:

  1. hi Malcolm ,

    ja dit maak baie sin wat jy hier se.
    Ek is n klein vark boer net buite Pretoria voor hammanskraal . nou met die winter oppad maak ons maar seker die hitte lampies en tepratuur is reg vir die kraam saal asook vir die weaners . Ek het onlangs al my soee verkoop en oor begin met 9 dragtigge soee my hele besigheids plan het verander om net speen varkies te verkoop . Ek kan met trots se die persone wat by my koop kry uitstekende kwaliteid speen varkies wat al die nodige medikasie gekry het . Met die huidege voer pryse stoot dit ook die speenvark prys so hoog dat daar min wins is vir opkomende boere ... die manne wat die geld maak is die manne met gevestigde mark ... wat moeilik is om te kry .... ek verkoop tans n speen varkie vir R400 en het maandeliks so 200 beskikbaar ek sou hulle bitter graag wou self grootmaak maar weereens is die afset plek die problem. ek het gister ook n comment op facebook geplaas.. om net n vinnige beraaming te maak van somme vir self groot maak ... jammer dis in engels maar ek is seker meeste mense sal darm saam my stem :)

    Please do a quick calculation.... A sow is pregnant for +- 115 days during which you must feed 2-3kg a day at R4.50 per kg... So R4.50 x 3kg = R13.50 a day x115 days =R1552.50 just for maintaining then cones the litter... Lets calculate that at10 so she eats another 7kg a day ( and lactate is more expensive aboutR330 for 50kg) so 7kg x 42 days = 294kg xR6.60 =R1940.40 then you raise the 10 piglets leys say directly on grower @R6000 a ton and the piglets eats between 3-4kg to gain 1kg --- so it eats 200kg x R6 = R1200 per pig to raise it x10(number of possible litter) so in short 1 sow and 10 litter from date of serve to wean costs 1552.5 + 1940.40 + 12000?=R15492.90 if all goes well..... Now yiu have to sell..... Sell at current R24 per kg carcass weight no slaughter fees lets say carcass weight is 60kg x25 R1440 income per pig x10 R14400 =14 000 which means u made a loss.... my opinion is there is 2 ways of farming pigs.... Either buy the weaner and grow it to slaughtered size or produce the piglets and sell the weaners.... I sell the weaners which leaves at least a little profit

    ReplyDelete
    Replies
    1. Hi Nicky, ek wil asb speenvarkies by jou koop.
      stuur asb vir my jou selnommer of jy kan my sms of whats app op 0825759518. Ek woon in Pta en sien jy is net buite Pta. Dankie Juan

      Delete
  2. Nota: Daar is 'n mielie te kort in Suid Afrika. Vee en pluimvoer se kern groei krag. Die voer koste styg jaarliks met ampee 30%. Soos Nicky hierbo noem is dit ongelooflik moeilik vir 'n varkboer om 'n goeie salaris te verdien en in my ervaring amper 'n beroep waarop mense neer kyk as 'n laer-graad bedryf. Dis ongelooflikke harde werk en deursettings vermoe om 'n sukses te behaal in vark boerdery. Dit (in dieselfde asem gese) kan ook baie lonend en bevredigend wees as jou beplanning reg is van die begin.

    ReplyDelete
  3. More.. kan ek asb nicky smit se no kry. Wil jou kom besoek en ook jou varkies koop. My no is 0781455626
    Dankie ook aan jou raad malcolm.

    ReplyDelete
    Replies
    1. hi Johan ,

      my kontak nr is 0827448605 ek is gebaseer in Pretoria noord tussen zambezi en hammanskraal ...

      Delete
  4. More.. kan ek asb nicky smit se no kry. Wil jou kom besoek en ook jou varkies koop. My no is 0781455626
    Dankie ook aan jou raad malcolm.

    ReplyDelete