Net soos meeste mense wat hierdie blog kom besoek is ek ook nuut met die vark boerdery.
Ek het eers begin met 5 Landras Varke, een klein beertjie en 4 soe. Hulle gewig was in en omtrent 15 - 20kg per vark. Die eerste oplossing wat ek probeer kry het was om hulle verniet te voer en dit het ek reg gekry deur dromme gratis groente en vrugte te kry by Fruit 'n Veg.
My varkies het gegroei, maar teen 'n geweldige stadige pas. Na 'n maand en 'n half het ek besluit om hulle van die groente afval af te neem en het probeer raad kry by die Agrimark en BPK in Caledon. Niemand kon my regtig help nie behalwe om voermeel aan te beveel. Ongelukkig is groeimeel te duur (R270.00 per 50kg sak) en daar sal geen profeite gemaak word met die varkies nie.
Ek het dus met idees rond gespeel en het vir my 'n mengsel gemaak van die volgende.
Wit Mieliemeel 100kg @ R360.00
Geel Mieliemeel 50kg @ R240.00
8 Sakke Semels 25kg x 4 @ R560.00
Groeimeel R50kg @ R270.00
Koring Saksel 100kg @ R70.00
Die totaal was dus 500kg teen 'n koste van R1500.00 wat teen R3.00 p/kg uitwerk.
Die volgende prys vs. voeding struktuur kan dan so bepaal word.
Na die vark gespeen is:
Maand een: 450g voer teen R1.35 per dag en R40.50 per maand
Maand twee: 900g voer teen R2.70 per dag en R81.00 per maand
Maand drie: 1.35kg voer teen R4.05 per dag en R121.00 per maand
Maand vier: 1.8kg voer teen R5.40 per dag en R162.00 per maand
Maand vyf: 2.25kg voer teen R6.75 per dag en R202.00 per maand.
Dit kos jou dus R606.00 om 'n vark op plus minus 50kg te kry.
Die varke het by die dag gewig aangesit en is baie gesond met die dieet.
As u die voer op 'n goedkoper manier kan kry, laat my gerus weet.
heynsmalcolm@gmail.com
hi Malcolm ,
ReplyDeletebaie danki evir jou raad , ek begin in die volgende tweemaande met my klein tot meduim skaal vark boerdery in PTA ... ek sukkel dus om tot die regte besluit te kom met soort vark te begin ... ekhet dud na KANHYM se webtuste gekyk en na hulle gilts gekyk ...http://kanhym.co.za/gilt.php maar sukkel om hulle ook in die hande te kry .
stuur gerus vir my n e-pos as jy raad het op ander tipe varke asook jou voer resepte
vark groete
Nicky Smit
nickysmit38@gmail.com
Malcolm, wie verskaf die verskillende tipes voer aan jou?
ReplyDeleteEk is ook nuwe boer en sukkel met kostes.
peter Alting
0833204072
Malcolm, kan ek jou vra om asb. epos te stuur na carmenalting64@gmail.com m.b.t. bogenoemde vraag. Ons is gelee in WK
ReplyDeleteDankie
voer jy dan die vark een keer per dag sorry ook maar nuut in die bedryf alle raad is welkom bultfonteinplaas@gmail.com enige hulp asseblief is welkom
ReplyDeleteOns het n melkboerdery hoeveel amaas kan ek die varke voer per dag ek gaan verseker die mengsel aanskaf want groeimeel raak net te duur om n goeie wins te kan maak
ReplyDelete