Thursday, January 9, 2014

Hoeveel varke kan ek op een hektaar aanhou

Vraag:

Hoeveel varke kan op 1 hektaar aangehou word?

Antwoord:

Omtrent enige iets is moontlik -- en hoe lank is 'n stukkie tou?! In die Ooste boer hulle met varke, eende en karp in dieselfde gebou. Varke op die boonste verdieping, eende onder hulle en die karp in die water heel onder.

Die normale aanbeveling is 20 hektaar vir 'n 100 sog-eenheid. Dit is nie duidelik watter tipe varkboerdery beoog word nie -- intensief binnenshuis of ekstensief buite of iets tussen-in. Buitenshuis het meer spasie nodig. Die probleem is nie net die aantal sôe wat aangehou word nie, maar ook die groeivarke wat hopelik sal verskyn met suksesvolle teling. 'n Sog behoort tenminste 20 varkies per jaar te kan grootmaak -- tien maal 2,2 werpsels per jaar (in 'n 100 sog-eenheid is daar altyd 1000 plus varke op die plaas). Al hierdie varke produseer mis en uriene plus die skoonmaakwater wat êrens heen moet gaan. Riooldamme moet verkieslik weg van die geboue wees en een hektaar is nie baie groot nie.


Uitreksel: Landbou

No comments:

Post a Comment