Monday, August 21, 2017

Tuesday, May 17, 2016

Speen varkies vir 'n begin

Ek weet nie hoe koud dit in die aande by julle raak nie, maar as jy hitte kan bysit is dit goed. Ons winter hier op die plaas is 4° grade in die aande en ons het nie 'n hitte stelsel nie.

Dit gaan bitter moeilik wees om 'n dragtige sog by 'n boer te koop, maar as jy gelukkig genoeg is dan is jy op die wen pad.

Om speen varkies te koop is altyd beter want dit veminder die periode om 'n inkomste te kry by maande, terwyl jy vir jou eie varke wag om gedek te word en geboorte te gee.

As speen varkies gekoop word moet jy dit behandel asof hulle nog nie medisyne gekry het nie. 90% van verkopers belowe jou hart en siel die varkies is ontwurm en alles is reg. 

So jy gee die varkies dadelik Dectomax of medisyne van keuse. Hou hulle oortjies en stertjies dop. As die ore hang en die stertjies se krul is uit dan is die kanse goed jou varke is ongesond.

Moenie siek varke koop nie, dit neem maande om weer op vorm te kom. Speen varkies se heupe moet mooi rond wees en hulle moet glad nie harerig wees nie. Jy gaan 100% jou geld verloor in die voer/groei proses.

Meeste probleme met varke is wurms en skurfmeit. Vir wurms (trane in die oe, hang stertjie en hang ore) kan jy die varke ontwurm 2 keer vir 'n maand. Vir skurfmeit (skurfte-miet) kan jy 'n kan ou olie op die varkies se rug gooi.

Die fotos wys die verskil van ' goeie speen vark en 'n siek speen vark.

Saturday, November 15, 2014

Hoe vaar varke wat buite kraam teenoor varke wat in kraam hokke geboorte gee






Nou dat die varke buite wei het ek besluit om 3 te laat kraam in die veld in plaas van in kraam hokke.
Ek was eers bietjie skrikkerig, juis omdat dit nou buite my beheer is en dat daar 'n moontlikheid is dat die Sog moeders hulle kleintjies kan dood le. 

Almal wat weet van varke sal se dat dit beter is vir die ma en die kleintjies om buite gebore te word, maar tog voel 'n mens maar skrikkerig vir verandering.

Wel lesers, ek kan nou met oortuiging se na drie soe buite gekraam het was dit 'n suksess. Geen varkies is verloor as gevolg hiervan nie en gisteraand se varkies is in 4 grade Celsius gebore. Die ma sog lyk ook baie meer op haar gerus en die werk is minder intensief van my kant af.


Met hierdie foto kan u sien hoe die vark 'n goeie nes gemaak het wat haar en die varkies beskerm teen die wind en son.

Thursday, October 9, 2014

Skurftemyt (Skurwe meit) op Varke - Wat kan ek doen?

Onlangs het 'n groep van my varke begin droe vlekke op hul rue kry. Ek het aanvanglik gedink dis droe vel van die son. Na ek 'n deskundige se raad gevra het, het hy my vertel dis Skurftemyt aanbesveel om Dectomax  te spuit. Ek het dit wel gedoen en na 'n paar weke is die varke skoon en gesond. Dit is belangrik om dit daddelik te behandel veral onder swanger soe. As die klein varkies gebore word, sal hulle aangesteek word as die ma skurfte het. Dit sal hulle groei vertraag en die beentjies en heupies sal swak vorm.

Wednesday, July 2, 2014

Vark Kos - Verminder voer kosters vir varke met 75%


As u bevooreg is op grond te he waarop die varke kan wei dan kan ons die voering proses verminder na 'n kwart van die voering kostes.

Ek het by my Agri in Caleon 'n Gallaghar Power Plus B180 skok masjien gekoop en 500m skok draad.
Die skok masjien werk wonderlik maar wat ek gevind het is dat die "droppers" baie duur is en dat ek ook baie nodig het om die skok drade effektief te laat werk.

My oplossing was dus om my eie te maak en ek het dit gedoen deur 1.8m pale te neem en dit in 600mm stukke te sny. Ek het dan die pale in boublokke gedruk en twee isolaters daaraan vas geskroef. Ek het die boublokke (wat nou my grenspale is) so 10 meter uit mekaar versprei in 'n reguit lyn.
Die varke raak gou gewoond daaraan en om hulle in en uit die kampe te kry raak al hoe maklikker.

Die voordeel van die metode is dat die kampe maklik geskuif kan raak en die kamp met 500m skok tou is ingerig vir  15000sq meter se weiding.



My varke het die laaste twee weke baie kalmeer en hulle liggaamsbou het aansienlik positief verander.
My grond het lusern, klawer en gras op.

Hier volg die kostes:


Gallaghar Power Plus B180 skok masjien R2400.00
Bou blok R10.00
Pale in 600mm gesny R20.00
Isoleerders R0.99 

Dit is 'n vinnige proses om dit op te stel en ek voer nou net 25% van my normale kostes.

U kan my enige tyd email vir raad of vrae

Volg die blog om vir alle nuwe artikels.