Wednesday, October 18, 2017
Thursday, October 12, 2017
Tuesday, October 10, 2017
Monday, August 21, 2017
Monday, May 22, 2017
Tuesday, May 17, 2016
Speen varkies vir 'n begin
Ek weet nie hoe koud dit in die aande by julle raak nie, maar as jy hitte kan bysit is dit goed. Ons winter hier op die plaas is 4° grade in die aande en ons het nie 'n hitte stelsel nie.
Dit gaan bitter moeilik wees om 'n dragtige sog by 'n boer te koop, maar as jy gelukkig genoeg is dan is jy op die wen pad.
Om speen varkies te koop is altyd beter want dit veminder die periode om 'n inkomste te kry by maande, terwyl jy vir jou eie varke wag om gedek te word en geboorte te gee.
As speen varkies gekoop word moet jy dit behandel asof hulle nog nie medisyne gekry het nie. 90% van verkopers belowe jou hart en siel die varkies is ontwurm en alles is reg.
So jy gee die varkies dadelik Dectomax of medisyne van keuse. Hou hulle oortjies en stertjies dop. As die ore hang en die stertjies se krul is uit dan is die kanse goed jou varke is ongesond.
Moenie siek varke koop nie, dit neem maande om weer op vorm te kom. Speen varkies se heupe moet mooi rond wees en hulle moet glad nie harerig wees nie. Jy gaan 100% jou geld verloor in die voer/groei proses.
Meeste probleme met varke is wurms en skurfmeit. Vir wurms (trane in die oe, hang stertjie en hang ore) kan jy die varke ontwurm 2 keer vir 'n maand. Vir skurfmeit (skurfte-miet) kan jy 'n kan ou olie op die varkies se rug gooi.
Die fotos wys die verskil van ' goeie speen vark en 'n siek speen vark.
Saturday, November 15, 2014
Hoe vaar varke wat buite kraam teenoor varke wat in kraam hokke geboorte gee
Nou dat die varke buite wei het ek besluit om 3 te laat kraam in die veld in plaas van in kraam hokke.
Ek was eers bietjie skrikkerig, juis omdat dit nou buite my beheer is en dat daar 'n moontlikheid is dat die Sog moeders hulle kleintjies kan dood le.
Almal wat weet van varke sal se dat dit beter is vir die ma en die kleintjies om buite gebore te word, maar tog voel 'n mens maar skrikkerig vir verandering.
Wel lesers, ek kan nou met oortuiging se na drie soe buite gekraam het was dit 'n suksess. Geen varkies is verloor as gevolg hiervan nie en gisteraand se varkies is in 4 grade Celsius gebore. Die ma sog lyk ook baie meer op haar gerus en die werk is minder intensief van my kant af.
Met hierdie foto kan u sien hoe die vark 'n goeie nes gemaak het wat haar en die varkies beskerm teen die wind en son.
