Tuesday, May 17, 2016

Speen varkies vir 'n begin

Ek weet nie hoe koud dit in die aande by julle raak nie, maar as jy hitte kan bysit is dit goed. Ons winter hier op die plaas is 4° grade in die aande en ons het nie 'n hitte stelsel nie.

Dit gaan bitter moeilik wees om 'n dragtige sog by 'n boer te koop, maar as jy gelukkig genoeg is dan is jy op die wen pad.

Om speen varkies te koop is altyd beter want dit veminder die periode om 'n inkomste te kry by maande, terwyl jy vir jou eie varke wag om gedek te word en geboorte te gee.

As speen varkies gekoop word moet jy dit behandel asof hulle nog nie medisyne gekry het nie. 90% van verkopers belowe jou hart en siel die varkies is ontwurm en alles is reg. 

So jy gee die varkies dadelik Dectomax of medisyne van keuse. Hou hulle oortjies en stertjies dop. As die ore hang en die stertjies se krul is uit dan is die kanse goed jou varke is ongesond.

Moenie siek varke koop nie, dit neem maande om weer op vorm te kom. Speen varkies se heupe moet mooi rond wees en hulle moet glad nie harerig wees nie. Jy gaan 100% jou geld verloor in die voer/groei proses.

Meeste probleme met varke is wurms en skurfmeit. Vir wurms (trane in die oe, hang stertjie en hang ore) kan jy die varke ontwurm 2 keer vir 'n maand. Vir skurfmeit (skurfte-miet) kan jy 'n kan ou olie op die varkies se rug gooi.

Die fotos wys die verskil van ' goeie speen vark en 'n siek speen vark.

Saturday, November 15, 2014

Hoe vaar varke wat buite kraam teenoor varke wat in kraam hokke geboorte gee






Nou dat die varke buite wei het ek besluit om 3 te laat kraam in die veld in plaas van in kraam hokke.
Ek was eers bietjie skrikkerig, juis omdat dit nou buite my beheer is en dat daar 'n moontlikheid is dat die Sog moeders hulle kleintjies kan dood le. 

Almal wat weet van varke sal se dat dit beter is vir die ma en die kleintjies om buite gebore te word, maar tog voel 'n mens maar skrikkerig vir verandering.

Wel lesers, ek kan nou met oortuiging se na drie soe buite gekraam het was dit 'n suksess. Geen varkies is verloor as gevolg hiervan nie en gisteraand se varkies is in 4 grade Celsius gebore. Die ma sog lyk ook baie meer op haar gerus en die werk is minder intensief van my kant af.


Met hierdie foto kan u sien hoe die vark 'n goeie nes gemaak het wat haar en die varkies beskerm teen die wind en son.

Thursday, October 9, 2014

Skurftemyt (Skurwe meit) op Varke - Wat kan ek doen?

Onlangs het 'n groep van my varke begin droe vlekke op hul rue kry. Ek het aanvanglik gedink dis droe vel van die son. Na ek 'n deskundige se raad gevra het, het hy my vertel dis Skurftemyt aanbesveel om Dectomax  te spuit. Ek het dit wel gedoen en na 'n paar weke is die varke skoon en gesond. Dit is belangrik om dit daddelik te behandel veral onder swanger soe. As die klein varkies gebore word, sal hulle aangesteek word as die ma skurfte het. Dit sal hulle groei vertraag en die beentjies en heupies sal swak vorm.

Wednesday, July 2, 2014

Vark Kos - Verminder voer kosters vir varke met 75%


As u bevooreg is op grond te he waarop die varke kan wei dan kan ons die voering proses verminder na 'n kwart van die voering kostes.

Ek het by my Agri in Caleon 'n Gallaghar Power Plus B180 skok masjien gekoop en 500m skok draad.
Die skok masjien werk wonderlik maar wat ek gevind het is dat die "droppers" baie duur is en dat ek ook baie nodig het om die skok drade effektief te laat werk.

My oplossing was dus om my eie te maak en ek het dit gedoen deur 1.8m pale te neem en dit in 600mm stukke te sny. Ek het dan die pale in boublokke gedruk en twee isolaters daaraan vas geskroef. Ek het die boublokke (wat nou my grenspale is) so 10 meter uit mekaar versprei in 'n reguit lyn.
Die varke raak gou gewoond daaraan en om hulle in en uit die kampe te kry raak al hoe maklikker.

Die voordeel van die metode is dat die kampe maklik geskuif kan raak en die kamp met 500m skok tou is ingerig vir  15000sq meter se weiding.



My varke het die laaste twee weke baie kalmeer en hulle liggaamsbou het aansienlik positief verander.
My grond het lusern, klawer en gras op.

Hier volg die kostes:


Gallaghar Power Plus B180 skok masjien R2400.00
Bou blok R10.00
Pale in 600mm gesny R20.00
Isoleerders R0.99 

Dit is 'n vinnige proses om dit op te stel en ek voer nou net 25% van my normale kostes.

U kan my enige tyd email vir raad of vrae

Volg die blog om vir alle nuwe artikels.




Monday, April 14, 2014

Wat kos Vark voer. Ek maak my eie Vark Voer vir slegs R1.50 per kg

Ek het met bietjie moeite dit reg gekry om die vark voer vannaf R3.00 pk na R1.50 per kilogram af te kry. Hoe vra jy my? 

Ek het by 3 verskillende korporasies gaan aanklop en koop hulle saksels aan vannaf R400 per ton. Ek sif dit verder op die plaas en kry dan 'n mengse van gars, hawer, canola en koring. Ek voeg ook so 10% molasses by. 
Die varke geniet dit en hulle is al 3 maande op die diet. Hulle groei goed en is baie gesond.

 Die vraag is dus: Is dit genoeg? Ek gee wel een keer 'n week goeie groente. My varke is vannaf 15kg tot 150kg. Enige raad sal waardeur word.

As u van die mengsel wil he kan u my epos op heynsmalcolm@gmail.com. Ek is in Caledon area en kan so 2 ton per week voorsien.

Thursday, January 9, 2014

Wat eet Varke en hoe om voer koste uit te werk

Net soos meeste mense wat hierdie blog kom besoek is ek ook nuut met die vark boerdery. 

Ek het eers begin met 5 Landras Varke, een klein beertjie en 4 soe. Hulle gewig was in en omtrent 15 - 20kg per vark. Die eerste oplossing wat ek probeer kry het was om hulle verniet te voer en dit het ek reg gekry deur dromme gratis groente en vrugte te kry by Fruit 'n Veg.

My varkies het gegroei, maar teen 'n geweldige stadige pas. Na 'n maand en 'n half het ek besluit om hulle van die groente afval af te neem en het probeer raad kry by die Agrimark en BPK in Caledon. Niemand kon my regtig help nie behalwe om voermeel aan te beveel. Ongelukkig is groeimeel te duur (R270.00 per 50kg sak) en daar sal geen profeite gemaak word met die varkies nie.

Ek het dus met idees rond gespeel en het vir my 'n mengsel gemaak van die volgende.

Wit Mieliemeel 100kg @ R360.00
Geel Mieliemeel 50kg @ R240.00
8 Sakke Semels 25kg x 4 @ R560.00
Groeimeel R50kg @ R270.00
Koring Saksel 100kg @ R70.00

Die totaal was dus 500kg teen 'n koste van R1500.00 wat teen R3.00 p/kg uitwerk.

Die volgende prys vs. voeding struktuur kan dan so bepaal word.

Na die vark gespeen is:

Maand een: 450g voer teen R1.35 per dag en R40.50 per maand
Maand twee: 900g voer teen R2.70 per dag en R81.00 per maand
Maand drie: 1.35kg voer teen R4.05 per dag en R121.00 per maand
Maand vier: 1.8kg voer teen R5.40 per dag en R162.00 per maand
Maand vyf:  2.25kg voer teen R6.75 per dag en R202.00 per maand.

Dit kos jou dus R606.00 om 'n vark op plus minus 50kg te kry.

Die varke  het by die dag gewig aangesit en is baie gesond met die dieet.

As u die voer op 'n goedkoper manier kan kry, laat my gerus weet.

heynsmalcolm@gmail.com